top of page

Oor ons

In die skilderagtige dorp van Wellington is Die Palms Studente Behuising ideaal geleë, regoorkant CPUT. Dit is nie net stapafstand van klasse af nie, maar reg langs die dorp se swembad en muurbal bane. Winkel sentrums, banke, koffiewinkels en selfs die poskantoor is binne minute se loop van hierdie huisvesting af.

​

Hierdie pragtige perseel huisves 23 studente in 9 verskillende eenhede. Elke eenheid is met sy eie kombuis, badkamer(s) en leefarea toegerus. Kamers is gedeeltelik gemeubileer met 'n bed, matras, klerekas, lessenaar en stoel. Elke eenheid het 'n veiligheidshek, diefwering en 'n alarm, terwyl die perseel self omhein is en veiligheidskameras in plek het.

​

Die gronde is versier met pragtige bome, groen gras en 'n waterstroompie. Daar is ruim plek vir ontspan en gesellig verkeer. Daar word ongelukkig geen troeteldiere toegelaat nie.

​

Die Palms se grootste reël is: neem jou naaste in ag en moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.

Tariewe

Neem kennis dat die huurkontrak vir 12 maande aangegaan word.

​

Tariewe word jaarliks opdateer.

​

Vir 2021 tariewe:

Services

Getuigskrifte

Ek het een jaar by Die Palms gebly en dit was vir my die beste skuif ooit. My kamer was klein, maar perfek vir my.

​

- Paula 2019

Ek sal hierdie akkomodasie vir enigiemand aanbeveel. Die eienaars is vriendelik en reageer vinnig as jy hul nodig het.

​

- Tiaan 2019

Baie lekker gebly! 'n Voorreg om so naby aan klasse te wees! Heerlik om tussen klasse huis toe te kan gaan!

​

- Liezel 2019

#diepalmswellington

bottom of page